Things Writers Hear

Writers are a rare and odd breed. Sometimes we don’t even get ourselves, and I can only imagine the trouble other people have trying to understand our habits… If you’re a writer, you’ve probably heard one or more of these recently.

My response depends on what time of day you ask (never before the first smoke), my mood (whether or not there’s a cloud hanging over my head) and whether or not I started the day sober (never a good idea).

To cut down on a lot of time, here’s what I’d respond if I could…

If you like it, share it!

Q: So, what do you write?
A: Anything that pays, really. I’m working on the nutritional blurb on the back of a cereal box. You’ll love it.

Q: Have you written anything famous?
A: Not yet, but you might’ve spotted the graffiti under the bridge. I’m very proud of that. In fact, my family thinks it’s my best work.

Q: Can you read my manuscript / short story / poem / lyric?
A: At $20 per hour, sure!

Q: When are you getting a real job?
A: It’s great that you should ask! I’ll be scrubbing toilets at Barnes & Noble next week. Pop in for an autograph.

Q: Have you ever really killed someone?
A: Not yet, but I might start!

Q: Can you name a character after me?
A: Of course, there’s a serial killer in my new novel I don’t have a name for yet and I think I just found it.

Q: My friend / cousin / cat writes too.
A: Cool. I shower. Take walks. And make coffee. How are they at that? Are they any good? I need someone to make my coffee.

Q: You can’t smoke in here!
A: Keep your voice down, goddamnit! This is a library. (People will back away, even if it isn’t…)

Q: Please, for the love of God, will you get some sleep?
A: One more chapter… Sleep is for the weak. I’ll sleep when I’m dead! Coffee?

Q: You’re going to be the next Stephen King!
A: I’m not even sure Stephen King wants to be the next Stephen King, and he didn’t make it anywhere by writing like anyone else.

Q: Have you figured out the ending yet? (Usually when watching a movie or series…)
A: Yeah. They all die in the end, and then they’re back for the sequel.

Q: Do you drink a lot?
A: Yes. Oh, God, yes.

Q: Where do you get your ideas?
A: I keep a midget – sorry, little person – under my desk. In return for coffee, he writes all my ideas down on a piece of paper and hands it to me. Man, has he got some good ones.

Q: Do you really believe in ghouls / ghosts / long-leggedy-beasties?
A: No, but I believe in the girl that hides in your closet. What do you mean you don’t know about her? Yeah, yeah, she speaks to me…

Q: You’re probably really creepy, aren’t you?
A: Of course not. There’s nothing wrong with us. We’re all normal.

New Fiction: Middernagstories (Deel III)

Part III of Middernagstories is online.

Click here to read it on LitNet.

Maak die derde deur oop en kom binne … Pasop net dat die wind nie die deur agter jou toewaai nie, want hoe sal jy dan die pad terug na jou wêreld vind?

I
Ek hou nie van kinders nie. Hulle krap en skree en byt en pas nie altyd mooi in die pot in nie. Hulle vat lank om gaar te word, en die vleis is taai.

II
My ouma se tong is my gunsteling. Heerlik en baie sag, met die perfekte mostertsous. Dit is my eie resep. Ek is seker sy sou self baie daarvan gehou het, as sy nog kon proe.

III
Sy is gedwing om haar lyf in die aande te verkoop vir geld. Eers ’n arm, toe ’n been, ’n deel van haar lewer. Die mense het baie betaal, want hulle was ryk, en hulle was hónger.

IV
Ek is spyt dat ek die deur vir die verkoopsman oopgemaak het. Hy het ’n gat in my kop gepraat en ek kan voel hoe my brein daaruit lek. Ek moes lewensversekering gekoop het – toe ek die kans gehad het.

V
Dit is amper weer tyd om sy kinders by die skool te gaan haal. Die yskas is besig om leeg te raak.

New Fiction: Middernagstories (Deel II)

Here’s part II of the Afrikaans series Middernagstories.

Click here to read it on LitNet.

Hier is nóg vyf stories net vir middernag … Of, hierdie keer, vir net ná middernag. Lees, want die tyd stap aan en die deure maak oop …

I
Dit was maklik om vir haar ‘n kind te maak toe die dokters vir haar sê hulle kan nie. Al wat sy nodig gehad het, was ‘n bak vol ledemate en ‘n brein.

II
Hy het sy ooglede stadig in die donker geknip. Die skêr was stomp, en dit het lank gevat.

III
“Spoke kom net in die aand uit, jy hoef nie bang te wees nie,” verseker sy die meisie in die hospitaalbed langs haar. Daar kom geen antwoord nie, want die bed is alreeds leeg.

IV
Die lampskerm was met my pa se eie hande gemaak. Sy vingernaels is nog vas daaraan.

V
Die nagmaalwyn het vreemd gesmaak. Almal in die gemeente is weggeraap, behalwe die ou man aan die buitewyke van die dorp. Hy het nie in God geglo nie.

New Fiction: Middernagstories (Deel I)

Part I of the Afrikaans short-short fiction series Middernagstories has been published!

Click here to read it on LitNet.

Hier volg vyf kort-kortverhale, perfek vir die aanloop tot middernag. Maak die deure een vir een oop en nooi hulle in. Lees hulle gerus. Hoe kort kan ’n kortverhaal wees? Net kort genoeg dat jy die res kan skryf wanneer jy vanaand gaan slaap…

I
Die duiwel bly in Karenpark, maar niemand praat meer daaroor nie. Jy kan die laaste een wat gepraat het, nie mis nie: hy hang voor die huis aan ’n vleishaak en sy keel is oopgesny met ’n vismes. Partykeer, as dit stil raak net voor middernag en die wind net reg is, sal jy hom aan die haak hoor swaai.

II
Sara druk die yskoue liggaam van haar kind styf teen haar vas. Sy voel ’n hand op haar skouer en iemand vra skielik langs haar: “Hoekom huil jy, Mamma?”

III
Hy droom hoe hy die baba se kop oopsny en stadig die brein daaruit eet. Toe hy wakker word, is hy honger.

IV
Die kind is so mooi soos ’n winkelpop. Te mooi om te bestaan. Die verpleegsuster tel die skêr op en voel oor die soom waar die kind aanmekaargesit is. Sy glimlag en begin om te knip.

V
Dit is middernag en die laaste deur word oopgemaak. Stories is snaakse dinge. Jy lees hulle aan die ander kant van die skerm, maar partykeer lees hulle jou. Die deure is oop! Geniet dit. Hier waar ons is, het ons het nie meer oë nie, maar ons kan jou sien.